Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbou Boerekos

Winter 2023
Magazine

Landbou Boerekos is ‘n kostydskrif wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Tussen die blaaie van ons eerste uitgawe kry jy alles wat jy nodig het vir ‘n bobaas-braai, en die lekkerste padkosstories en resepte vir aandete. Ons gesels ook met ‘n paar boere oor hul bedrywe en produkte - van lietsjies tot Karoolam

Landbou Boerekos

’NLANDSKAPVANKOS • Dit bly ’n groot voorreg vir ’n landboutydskrif soos Landbouweekblad om ’n suksesvolle kostydskrif te kan bedryf. Volgens my kennis is Boerekos heel moontlik die enigste in sy soort ter wêreld. ’n Tydskrif tussen boere gebore en uitgegee met die boere in gedagte wat die besonderse bestanddele verskaf wat Arina du Plessis, Boerekos se redakteur, in haar onvergeetlike en geliefde resepte gebruik.

SÓSÊONSLESERS • Die someruitgawe van 2022-’23 oor somervakansie — piekniek, padkos, poeding en feeskos — het weer ons possak laat bult. Dankie vir jul briewe en die lekker saamgesels!

DIESMAAK VAN’NSEISOEN • As die winterwinde waai en alles koud en grys is, verlang ek na bekende smake wat die koue verdryf.

KOSHUISMELKKOS

KRAG(TE)LOOS? KYK ’N BIETJIE HIER! • Maak alewige beurtkrag wanneer jy moet kosmaak jou moedeloos? Ons het ’n draai in die winkels gemaak vir ’n paar kopies wat kosmaak en onthaal sonder elektrisiteit aansienlik makliker maak.

Kook sonderkrag • Moenie toelaat dat beurtkrag ’n spesiale dag se saamkuier in die wiele ry nie. Trek die fonduepotte nader, steek ’n vuurtjie aan of pak ’n mandjie vol lekkernye wat jy sonder elektrisiteit kan maak en vier Paasfees, Moedersdag en Vadersdag met ’n luilekker ete.

PAASPIEKNIEK • Geen krag om te kook nie? Pak ’n mandjie en hou piekniek op ’n mooi plek hierdie Paasnaweek.

DOOP en geniet • Moenie dat beurtkrag Ma se spesiale dag bederf nie. Stof hierdie Moedersdag die fonduepot af en skuif nader vir ’n prettige ete waarvoor jy geen elektrisiteit nodig het nie — en enige tyd van die dag kan geniet.

Aan Mamma, met liefde • Verras Ma met die lekkerste soet bederf ná ete. Dis maklik met ClemenGold!

BRAAIBROODJIES ’n Buffet vir Pa • Niks klop beurtkrag-blues vinniger as ’n braaivleisvuur nie! En ’n broodjie-buffet is boonop ’n sakpas manier van braai. Sorg vir ’n paar soorte brood en ’n verskeidenheid vulsels en laat elkeen hul eie broodjies bou.

SPECULAAS die geurvan herfs en Holland • As ek dink aan die smake wat by herfs pas, is dit die speserygeure van Hollandse speculaaskoekies wat die seisoen die beste saamvat. Sagte kaneel, soet anys, aardse neutmuskaat en kardemom, en die tikkie warmte wat gemmer en witpeper bring. Hierdie geure pas so perfek by herfs soos roesbruin blare en die eerste pannekoek van die seisoen.

KARIKE BRING NEDERLANDSE GEBAK NA PLAASLIKE TAFELS • As jy al Holland Bakery se produkte geproe het, sal jy die ophef oor dié bakkery met sy outentieke Nederlandse gehalteprodukte in Brackenfell, Kaapstad, alte goed verstaan. Die eienaar, Karike Norval, vertel hoe ’n Kaapse meisie se lewe ’n Nederlandse draai gemaak het.

KUIER OP DIE PLAAS • Ons kook en kuier reg oor Suid-Afrika saam met boere en hul gesinne — van Hoedspruit en Tzaneen, waar onder meer sitrus en avokado’s gedy, al met die Tuinroete af na Plettenbergbaai en George, waar ons met fantastiese varkvleis en suiwel kosmaak, en dan op teen die Weskus tot in die Olifantsriviervallei, waar pampoene geil groei en rosyne stroopsoet bak in die Namakwalandse son.

PAMPOEN EN BOTTERSKORSIE • Pampoen en botterskorsie is vir my pure herfs. Van die diep herfskleure wat jy sien as jy een oopsny, tot die soet, botterige geur daarvan.

SÓ SÊ ’N PAMPOENBOER • Stellar Organics staan eintlik bekend as een van die land se grootste organiese wynprodusente, maar op dié plaas by Vredendal se Kys Halte boer hulle ook met organiese pampoen vir die...

Expand title description text
Frequency: Twice per year Pages: 132 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Winter 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: March 31, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Home & Garden

Languages

Afrikaans