Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbou Boerekos

Somer 2022-2023
Magazine

Landbou Boerekos is ‘n kostydskrif wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Tussen die blaaie van ons eerste uitgawe kry jy alles wat jy nodig het vir ‘n bobaas-braai, en die lekkerste padkosstories en resepte vir aandete. Ons gesels ook met ‘n paar boere oor hul bedrywe en produkte - van lietsjies tot Karoolam

BITTERSOET • Dit is weer daardie tyd van die jaar, met dinge wat kwaai spoed optel hier skuins voor die rustigheid van ’n lang, warm somervakansie. Dit beteken ook dit is tyd vir Boerekos se Kersuitgawe, ons jaarlikse viering van daardie kosbare tyd van die jaar wanneer familie en vriende mekaar weer sien ná ’n jaar se harde gespook en gespartel.

Landbou Boerekos

Só sê ons lesers • Dankie vir almal wat so lekker saamgelees het aan ons tiende verjaardaguitgawe en vir al die heerlike briewe wat ons gekry het. Hou altyd aan om vir ons te skryf!

SKRYF VIR ONS EN WEN • Laat weet ons wat jy van hierdie uitgawe van Boerekos dink en jy slaan dalk ’n fantastiese geskenkpak van My Butchers Block ter waarde van R2 100 los met jou brief! Skryf voor 31 Maart 2023 aan ons redakteur, Arina du Plessis (aduplessis@landbou.com), en onthou om jou posadres en kontakbesonderde by jou brief in te sluit.

ONS WAS DAAR

DIE BESTE VAN DIE SOMER • Hierdie tyd van die jaar, wanneer die somervakansie en feestyd wink, word ek dikwels oorval deur ’n gevoel van nostalgie oor die somers en feesdae van my kleintyd. En die enigste medisyne hiervoor is onthoukos …

KOS VIR INPAK EN BUITE EET • Of jy ’n piekniek wil hou, op soek is na lekker padkosidees vir die langpad, of lus is vir ’n al fresco-ete — hierdie resepte is perfekte inpakkos en gemaak om in die buitelug te geniet.

KOEKIES vir die vakansie • Maak die blikke betyds vol tuisgebakte kleinkoekies en jy is dié somervakansie gereed vir gaste of honger kinders.

Handjies klap, koekies bak! • Somervakansie en die Kersseisoen is die tyd vir kleinkoekies bak. Hier is ’n paar oulike kopies, ’n beproefde resep en ’n wenk of twee vir flatervrye koekies.

VAKANSIEKOS • Hierdie tyd van die jaar is ons almal op soek na ete-idees wat min moeite is om te maak, maar wat nie tekort skiet aan smaak en geur nie. Hier is ’n paar lekker idees uit ons toetskombuis. Ons waarborg jou huismense sal smul!

SÓ SÊ ’N EIERVRUGBOER • Op die plaas Peculiar boer Theuns Kotzee saam met sy vrou, Joy-Milly, en swaer, Sybrand van Jaarsveld, met papajas en ’n rits groentegewasse. Die familie verbou al dekades lank eiervrugte, ’n gewas waarvoor hulle baie lief is op die land én op die tafel.

SÓ SÊ ’N EIERBOER • Vonita Nieuwenhuys en haar man, Jannie, van die plaas Retreat by Murraysburg boer met vrylopende hoenders in die Karoo se wye ooptes. Die heerlike, gesonde eiers word onder die Pure Karoo-handelsmerk in George en Kaapstad versprei.

SÓ SÊ ’N BEESBOER • Van die veld, vir die veld, glo die Cloete-familie, wat een van die oudste Afrikaner-beesboerderye in Suid-Afrika het. Hulle eksprimenteer deesdae op kleiner skaal ook met Afrikaner-kruisbeeste, wat die voordele van drie inheemse rasse benut om ’n uitstekende veldbees te lewer.

VAT KORTPAD • Die winkelrakke kreun onder produkte wat jou tyd en moeite voor die kospotte spaar. Hier is ’n paar waarvan ons hou.

KERSFEES OP KRAALBAAI • Die Malan-gesin het onlangs van die Paarl na hul strandhuis in Kraalbaai aan die Weskus verhuis. Hier geniet hulle die rustige lewe, ongerepte natuur, wonderskone uitsig oor die baai en natuurlik die lekkerte van Weskuskos. Ons het by hulle gaan kuier vir ’n onopgesmukte Kersete op die strand.

KOEL KOPIESVIR JOU KERSKOUS • As jy op soek is na unieke Kersgeskenke, groot of klein, hoef jy nie ver te soek nie. Hier is verskeie mooi handgemaakte en trots Suid-Afrikaans-vervaardigde produkte.

’N...

Expand title description text
Frequency: Twice per year Pages: 202 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Somer 2022-2023

OverDrive Magazine

  • Release date: October 25, 2022

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Home & Garden

Languages

Afrikaans