Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbou Boerekos

Winter 2022
Magazine

Landbou Boerekos is ‘n kostydskrif wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Tussen die blaaie van ons eerste uitgawe kry jy alles wat jy nodig het vir ‘n bobaas-braai, en die lekkerste padkosstories en resepte vir aandete. Ons gesels ook met ‘n paar boere oor hul bedrywe en produkte - van lietsjies tot Karoolam

Landbou Boerekos

’N REISTERUG KAAPTOE • Die tiende verjaardag van Boerekos het hierdie seun van die Oos-Kaap se gedagtes teruggeneem na sy herinneringe aan Kaapstad en die Boland, asook sy familie se verbintenisse met die Kaap.

Só sê ons lesers • Die someruitgawe van 2021-’22, oor formidabele vroue in die kos- en landboubedryf, het wonderlike reaksie ontlok. Dankie vir jul briewe en saamgesels!

’N DEKADE SE DROOMWERK • Boerekos is tien jaar oud! Drome word waar. En die toekoms is vol kosstories wat nog vertel moet word.

STORIES OOR KOS • Vir ’n kosliefhebber wat versot op stories is, is daar net een ding beter as ’n kookboek en dis ’n storieboek met kos en resepte wat soos ’n goue draad daardeur loop. ARINA DU PLESSIS is kombuis toe met tien van haar gunstelinge.

THE MILK TART MURDERS • SALLY ANDREW, 2022, Umuzi

DISKOUEKOS, SKAT • MARITA VAN DER VYVER, 2010, Tafelberg-Uitgewers

RECIPES FOR LOVE AND MURDER (A Tannie Maria Murder Mystery) • SALLY ANDREW, 2015, Umuzi

THE SAFFRON PEARTREEAND OTHER KITCHEN MEMORIES • ZURETHA ROOS, 2005, Oshun

BROUHAHA verstommings, naakstudies en wenresepte • EBEN VENTER, 2010, Tafelberg-Uitgewers

THE HUNDRED-FOOT JOURNEY • RICHARD C. MORAIS, 2008, Harper Collins

THE SECRET FRENCH RECIPES OF SOPHIE VALROUX • SAMANTHA VÉRANT, 2020, Berkley (Penguin Random House)

CHOCOLAT • JOANNE HARRIS, 1999, Doubleday

JULIE & JULIA • JULIE POWELL, 2005, Penguin

LIKE WATER FOR CHOCOLATE • LAURA ESQUIVEL, 1993, Black Swan

VROU VAN DIE GROOT VLAKTES • Haar wortels lê diep in die eindelose vlaktes van haar grootwordgrond — hier waar sy van kleins af geleer is om in harmonie met die veld te leef. Ons kuier by Danene van der Westhuyzen, jagter van Namibië.

DIE WARE HART VAN DIE KAROO • Terwyl die son agter ’n koppie sak en die aandster sy verskyning in die verte maak, bind Andrew Truter sy voorskoot vas en steek die vure aan. Binnekort is dit net die geklingel van eetgerei en die vrolike gelag om die tafel onder feetjieliggies wat die bykans heilige stilte oor die Karoovlaktes verbreek.

KOESTERKOS VIR KOUE DAE • As jy die winter aan jou lyf kan voel en alles guur en grys is, wil jy kos hê wat jou van binne warm maak … stomende sop met dik snye warm brood, murgsagte bredie wat vir ure stadig op die stoof staan en prut, warm, souserige pasta en goudbruin pastei, of gebakte poeding soos net jou ouma dit kon maak. Smul hierdie winter aan die beste-van-die-beste trooskos uit ons toetskombuis — van sop en kerriekos tot frikkadelle en malvapoeding.

VLEIS • Vleis is allermins seisoenale kos. Dit is dalk net die manier hoe ons dit in die winter gaarmaak en voorsit wat anders lyk. Wat is nou beter vir bibberweer as souserige, klewerige beeskortrib, stadig gebak tot dit van die been afval, of ’n sappige bruingebakte Sondagskaapboud met braai-aartappels? Dan praat ons nie eens van ’n stukkie brosgebraaide varklies wat sissend uit die oond kom nie…

Varkvleisfees • Varkvleis is só veelsydig dat jy elke dag van die week (en naweek) iets nuuts daarmee kan optower. Smul saam aan ons naweek-varkvleisspyskaart.

Skep die SOP • ’n Bord stomende, vullende sop is die beste teenvoeter vir die winterkoue.

PRUTKOS • Bredies met lang souse, warm kerrie gelaai met speserygeure en kasserolgeregte wat stadig in die oond gaar prut tot smulsag — dít is mos winterkos.

Perfekte PASTEI • Wat is beter op ’n...

Expand title description text
Frequency: Twice per year Pages: 132 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Winter 2022

OverDrive Magazine

  • Release date: May 1, 2022

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Home & Garden

Languages

Afrikaans