Landbou Boerekos is ‘n kostydskrif wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Tussen die blaaie van ons eerste uitgawe kry jy alles wat jy nodig het vir ‘n bobaas-braai, en die lekkerste padkosstories en resepte vir aandete. Ons gesels ook met ‘n paar boere oor hul bedrywe en produkte - van lietsjies tot Karoolam
Landbou Boerekos
MEER AS NET KOS • As ek oor my lewe terugkyk, was kos altyd sentraal tot byna elke betekenisvolle oomblik wat ek al beleef het. Miskien is daar ’n goeie rede daarvoor.
Só sê ons lesers • Ons winteruitgawe met sy basaartema het die briewe laat inrol. Dankie vir jul geselsbriewe en onthoustories oor kerkbasaars en kermisse. Hou aan om vir ons te skryf en jul stories te deel.
DIE WARE HELDE • Wie en wat is ’n held? Die woord beteken dalk vir elke mens iets effens anders, maar die meeste mense sal sê dis iemand dapper na wie hulle opkyk, wat hulle bewonder en wat hulle inspireer met hul dade. Hulle bestaan gelukkig nie net in strokiesprente nie. Ons word omring deur helde.
Van grond na geur • Of dit die voëls of insekte is wat weer terugkeer na ‘n gesonder ekostelsel op die plaas of die ontdekking dat veldvleis ‘n unieke smaak het, daar is verskeie redes waarom ál meer boere passievole dissipels van herlewingslandbou is. Op maniere wat herinner aan boerderymetodes van ouds, boer hulle in harmonie met die natuur om gesonder, voedsamer en smaakliker kos te verbou wat liggaam en siel – en die planeet – versterk. Dié boere is die ware helde van kos.
Plekvanmelk enheuning • Ná ’n geselsie met Gerrit “Swepie” le Roux en sy dogter Julia le Roux-Krowitz van Doornkraal naby De Rust, kan mens maklik glo Eden lê toe al die tyd in die Klein-Karoo.
‘Ons is wat ons eet’ • Om werklik gesond te eet, verg planne maak — van dié boer en verbruiker se kant af. Op Lowerland boer Bertie en Alette Coetzee op die oewer van die Oranjerivier met ’n mandjie produkte wat jaarliks groter word, maar gesondheid en goedheid voorop stel.
Gesondheid uit die grond uit • Deur te belê in die gesondheid van sy grond, produseer Danie Slabbert voedsame bees-, skaap-en hoendervleis wat hy self op die plaas verwerk om die sirkel van grond tot mond te voltooi. Só het hy die Sewe Slabberts-vleishandelsmerk letterlik van die grond af opgebou.
Gelukkige varke vir goeie vleis • ’n Vark is die beste dier in die wêreld om mee te boer, glo Simon Goble van Khula Farms naby Swellendam. Hy maak sy varke op weiding groot – iets wat mens nie aldag sien nie, maar wat gelukkige varke en gesonde vleis op die bord verseker.
Die laaste misterie in die lewe • Om in die Overberg met sy lamsvleis, wild, groente en wilde oesters te woon en nié entoesiasties te wees oor kos nie, is soos om in die hemel te beland, maar Petrus het vergeet om dit vir jou by die pêrelpoorte te sê, meen dié bekende wynman.
Sitrus met siel • In die hart van die Sondagsriviervallei doen Paul Marais van SOGA Organic baanbrekerswerk met organiese sitrusverbouing. Die pad tot hier was moeisaam, maar vandag pluk hy letterlik die vrugte van sy filosofie om saam met die natuur te boer.
Kook en kuier op die plaas • Ons kook en kuier saam met boere en hul gesinne oor die hele Suid-Afrika heen – van die Paarl en Stellenbosch, waar daar onder meer met eiers en tamaties geboer word, tot die koringlande tussen Bredasdorp en Swellendam; dan na ’n beesplaas in die Klein-Karoo en verder noord, tot waar suikermielies geil groei anderkant die Soutpansberg in Limpopo.
Mielies • Slaai, bykos of ’n lekker happie – met mielies is die moontlikhede eindeloos!
Gooi mielies! • Noord van die Soutpansberge in Limpopo boer die Ottofamilie van Secrabje met ’n verskeidenheid groente en babagroente, onder meer suikermielies. Hulle het jare lank die organiese pad gestap, en deesdae maak hulle staat op volhoubare...