Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbou Boerekos

Lente & Somer 2023
Magazine

Landbou Boerekos is ‘n kostydskrif wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Tussen die blaaie van ons eerste uitgawe kry jy alles wat jy nodig het vir ‘n bobaas-braai, en die lekkerste padkosstories en resepte vir aandete. Ons gesels ook met ‘n paar boere oor hul bedrywe en produkte - van lietsjies tot Karoolam

Landbou Boerekos

DIE TUIN VAN EDEN OPJOUVOORSTOEP • ’n Wonderwêreld! Dít was my grootoog-indruk toe ek as laerskoollaaitie vir die eerste keer met die Magoebaskloofpas geleidelik afsak in die soelheid van die Laeveld in. Ek, my twee broers, suster en ouers, ingeprop in ons lemmetjiegroen Volkswagen Kombi T2. Toe al drie dae lank in die Julie-skoolvakansie onderweg na die Krugerwildtuin van ons ysige plaas in die berge van die Noordoos-Kaap af.

SÓ SÊ ONSLESERS • Soos altyd was dit ’n hoogtepunt om jul briewe en onthoustories te lees nadat ons winteruitgawe verskyn het. Ons possak het omtrent gebult, en ons wens daar was plek om meer van jul briewe te publiseer.

SKRYF VIR ONS EN WEN

LEMOENE VIRDIEPAD • Ek onthou dit asof dit gister gebeur het. Die pikdonkerte en winterkoue, selfs die geluid van die motor se bande op die motorhek aan die onderkant van die oprit wanneer ons lank voor sonop van die plaas weg ry noorde toe. Wildtuin toe.

Uit die Laeveld se kosmandjie • Van sonryp sitrus en sappige papajas, kiwivrugte, piesangs en plomp bloubessies tot mango’s, makadamianeute, tamaties en avokado’s — dit alles en nog soveel meer kom uit die vrugbare grond van die Laeveld. Reis saam en kook en kuier by boere en hul gesinne van Tzaneen tot in Schoemanskloof en proe die beste kos uit dié streek.

Streekskos-safari deur die Laeveld • Vir ons 23ste uitgawe het ons die pad gevat uit ’n yskoue en nat Kaapstad, noorde toe, vir ’n blitsige kostoer deur dele van Limpopo en Mpumalanga. Soos altyd wens ons dat ons langer kon kuier, nie net vir die heerlike sonskynweer nie, maar om nog lekkernye uit te snuffel. Oral waar ons stilgehou het, het ons van meer plaaslike kosjuwele gehoor. Laevelders, ons kom dus weer! Hier is ’n kykie agter die skerms van ons koskuier.

SA se eie Meneer Mango • Min mense kan met mango’s regkry wat Theuns Botha van Lapland regkry. Sy geheim is om dié ‘Aspoestertjie van vrugte’ die behandeling te gee wat sy verdien — van plant tot oes.

Plaaslike piesangs is nog piekfyn • Suid-Afrikaanse piesangboere is deesdae yl gesaai, maar mense soos die Vorster-familie meen daar is nog goeie geleenthede in dié bedryf.

Die ‘prins’van sitrus

Ken jou sitrus • Daar is deesdae ’n groot verskeidenheid sitrusvrugte op ons winkelrakke — van reuse pomelo’s tot piepklein koemkwats. As jy die hoofsoorte ken, maak dit die keuse ’n bietjie makliker.

’n Boerdery in sy eie liga • ZZ2 is sinoniem met tamaties en geel bakkies. Agter dié landboureus lê ’n storie van deursettingsvermoë en volharding, maar ook een wat sagkens met die omgewing en gemeenskap omgaan.

DRAAI HIER IN • Die sprokiesagtige Magoebaskloofpas en omstreke is enige kosliefhebber se droom. Teen die hoofpad, of op kronkelpaadjies waar jy uit die pas afdraai, tref jy allerlei kosjuwele aan – van plaaslike koffie en handgemaakte kaas tot trofee-boetiekbier en bloubessietert wat jou knieë sal lam maak! Ons deel ’n paar van ons hoogtepunte.

Die gees van Limpopo • Vir ’n klein stokery van Limpopo om die geharde drankprodusente van die Kaap ore aan te sit, wil gedoen wees, maar dis presies wat Mark Dando van The Old Packhouse Distillery en The Spirit of Limpopo reggekry het met sy jenewer, rum, brandewyn en tequila wat gereeld op kompetisies skitter.

Koffie met ’n uitsig • Aan die voet van die Magoebaskloofpas, op ’n plaas waar Tzaneen se landbou-pioniers op hul dag subtropiese gewasse beproef het, word daar nou met koffie gewoeker en kan jy jou kafeïenskop reguit van...

Expand title description text
Frequency: Twice per year Pages: 132 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Lente & Somer 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: August 8, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Home & Garden

Languages

Afrikaans