Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbou Boerekos

Herfs & Winter 2024
Magazine

Landbou Boerekos is ‘n kostydskrif wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Tussen die blaaie van ons eerste uitgawe kry jy alles wat jy nodig het vir ‘n bobaas-braai, en die lekkerste padkosstories en resepte vir aandete. Ons gesels ook met ‘n paar boere oor hul bedrywe en produkte - van lietsjies tot Karoolam

HEERLIKE KOS. DIE BESTE WAARDE.

BEESSTERT RISOTTO

Landbou Boerekos

DIE PLATTELAND SE KUIERKOS • Dis die grootste voorreg. Om werk te kan doen wat jou diep die platteland inneem. Om deur sy landskape te kan reis, met sy mense te kan kuier en, natuurlik, om die kos te eet.

KOEKSISTERS VIR DIE KERKBASAAR • Oral in Suid-Afrika staan geboue en geriewe wat op die fondasies van basaarpannekoek en -plaatkoek gebou is. ARINA DU PLESSIS onthou die lekkerte van die kerkbasaars van haar kindertyd en die jaar van die onkuise koeksisters op die koektafel.

Tydvir basaar! • Is daar nog iets wat soete nostalgie oproep soos die woord basaar? Wat ons so laat verlang na tradisionele lekkernye soos jaffels en melkkos, klapperys en pannekoek? ’n Paar kosskrywers deel hul basaarherinneringe en dan lê ons weg aan al daardie bekende eetgoed wat op basaartafels tuis hoort.

Vleistafel • Smulkos vir vleiseters is altyd bo-aan die lys van gewildste basaarkos. Kerriesosaties, potjiekos, tuisgemaakte pastei en worsrolletjies, of sappige vleisburgers en goudgebraaide jaffels… en natuurlik vergeet niemand van egte basaarkerrie-en-rys nie.

Brood, beskuit, koekies en pannekoek • Laai jou mandjie vol tuisgebakte beskuit en kleinkoekies vir teetyd. Laai sommer ’n vars brood of twee ook in voor jy in die ry gaan staan vir ’n halfdosyn basaarpannekoeke.

Koektafel • Dit is die aanloklikste basaartafel vir ’n suikertand, met sy tradisionele laagkoeke — sjokolade, vanielje, rooifluweel en vla — nostalgiese koekbrode, fyn kolwyntjies en ’n moderner toevoeging van glutenvrye gebak en dekadente kaaskoek.

Poedingtafel • Daar is min mense wat die poedingtafel by ’n kerkbasaar kan weerstaan. Ryk en romerige kondensmelklekkertes, skuimerige soet vrugteverleidings, vrolike jellieskeppings en nostalgiese yskasterte, alles saam in wegneembakkies geskep en toegegooi onder ’n vlakombers.

Kinders se tafel • By hierdie tafel gaan dit te lekker! Outydse partytjie-eetgoed, varsgebakte plaatkoek en karakter-kolwyntjies, springmieliehappies, suursuiker en allerlei ander bederwe wat klein ogies laat blink, is wat jy op die kerkbasaar se kindertafel sal aantref.

ONTHAAL OP GROOT SKAAL • Op ’n kerkbasaar of kermis moet daar kos gemaak word vir ’n groot klomp gaste. Soms is dit moelik om te weet presies hoeveel van iets jy nodig het vir sulke groot hoeveelhede. Gebruik ons maklike grootmaatresepte die volgende keer as jy moet groot kook!

Warm kos vir koue aande • Boerekos vir wintersaande is goudbruin pasteie en bredies met lang souse. Dik, vullende sop propvol sagte vleis en bone, of ryk pastageregte en kasserolle wat borrelend uit ’n warm oond tafel toe gedra word. Geniet ’n keur van die lekkerste winterkos uit die Boerekos-kombuis.

Kook en kuier OPDIE PLAAS • Ons koskuiers by boere in Suid-Afrika neem ons reg van ’n varkplaas op Stellenbosch, oor Sir Lowryspas en met die N2 langs tot in die Overberg, waar nie net graan suksesvol verbou word nie, maar kernvrugte en selfs groente gedy. Dan Oos-Kaap toe na die Sondagsriviervallei, waar plomp suurlemoene swaar aan die bome hang. Van daar af toer ons verder tot in Gauteng, gesels met ’n bekroonde soetrissieboer en kuier by die Kleinhans-gesin met hul vryloophoenderboerdery.

Olywe op die oewer • As groot kosliefhebber het dit vir Allison Brand natuurlik gekom om Riverbend Farm, haar pa se olyfplaas op die oewer van die Breërivier, oor te neem. In die Mediterreense klimaat maak sy ekstra-suiwer-olyfolie, tafelolywe en selfs...

Expand title description text
Frequency: Twice per year Pages: 132 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Herfs & Winter 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: March 1, 2024

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Home & Garden

Languages

Afrikaans